Free Online Dating, Chat and Fun

WernerSmook

Meet Single African man from Vanderkloof

Age: 36 y.o, man, Single
Location: South Africa, Vanderkloof
Zodiac sign: Pisces (check compatibility)
Status: Unverified

SMS gateway

WernerSmook African Man from Vanderkloof
 0.0Rate it
Click thumbnail to enlarge

People Near WernerSmook

nducomfort
Age: 36 y.o. 
150 cm (4' 11'')
42 kg (93 lbs)
   
uyi01
Age: 34 y.o. 
160 cm (5' 3'')
86 kg (191 lbs)
   
92somekile4
Age: 37 y.o. 
149 cm (4' 11'')
92 kg (204 lbs)
   
DATguy34
Age: 39 y.o. 
185 cm (6' 1'')
79 kg (176 lbs)
   
Thmol11021
Age: 37 y.o. 
152 cm (5' 0'')
43 kg (96 lbs)
   
claddds
Age: 38 y.o. 
177 cm (5' 10'')
80 kg (178 lbs)
   
tyresejigga
Age: 38 y.o. 
170 cm (5' 7'')
70 kg (156 lbs)
   
420gentel
Age: 33 y.o. 
77 kg (171 lbs)
   
nducomfort
Age: 36 y.o.
150 cm (4' 11'')
42 kg (93 lbs)
   
uyi01
Age: 34 y.o.
160 cm (5' 3'')
86 kg (191 lbs)
   
92somekile4
Age: 37 y.o.
149 cm (4' 11'')
92 kg (204 lbs)
   
DATguy34
Age: 39 y.o.
185 cm (6' 1'')
79 kg (176 lbs)
   
Thmol11021
Age: 37 y.o.
152 cm (5' 0'')
43 kg (96 lbs)
   
claddds
Age: 38 y.o.
177 cm (5' 10'')
80 kg (178 lbs)
   
tyresejigga
Age: 38 y.o.
170 cm (5' 7'')
70 kg (156 lbs)
   
420gentel
Age: 33 y.o.
77 kg (171 lbs)
   
WernerSmook Preferences
I'll tell you when you contact me
Woman
  • South Africa
  • Friendship (friendship and communication; correspondence)
  • Virtual relationships (Chat / talk / e-mail)
  • Dating (Short or long-term relationships, commitments and monogamy)
  • Marriage (Lifelong relationship, family, children)
  • Casual dating (Non-stressful hangouts that occur before you decide you actually want to get serious)
18 - 35
About myself
Man

Beskrywing van myself:

Ek is (tans) ‘n 30-jarige (gebore 29 Feb 1988) Afrikaanssprekende blanke man 1,78m lank en skraal +-65kg, bruin hare, blou oë. Woon tans in ‘n plaashuis naby Vanderkloof en Petrusville in die Noord-Kaap. Het groot geword op ‘n plaas in die omgewing, maar ook na skool in dorp (Orania) en stad (Pretoria en Kimberley) gewoon. Die platteland is my tuiste, geniet die stad vir kort tye, maar wil nie daar woon nie.

Bedryf my eie eenmansaak en vervaardig ondermeer elektroniese onderdele vir spilpunte wat ek aan boere van die omgewing verkoop, tesame met sms beheer- en moniteringstelsel installasies. Wil graag baie hierop uitbrei en is daar baie wat ek nog in my lewe wil doen en bereik, maar dit breek nogal my spoed en wilskrag, omdat ek alles alleen moet doen.

Bespeel graag klavier en klawerbord. Lief vir musiek, veral instrumentryke instrumentale musiek, met ‘n goeie moledie. Ek voel afgestoot deur eentonige, lawaaierige musiek soos meeste metal ens. Gee my eerder die “goue oues” uit hoofsaaklik die 80's, dan is ek gelukkig. Engels, sowel as Afrikaans. Dis vir my belangrik om gereeld ook na musiek in my eie moedertaal te luister.

Stel belang aan elektronika en die res van die natuurwetenskap, veral as dit nuttige kennis is soos bv. alternatiewe energie, boumetodes ens. Taamlik tegnies ingestel, maar ook nie ‘n boekwurm nie.

Ek is ‘n introvert wat nie maklik met groot groepe vreemde mense meng nie. Kuier nie graag buite by kuierplekke nie. Geniet meer ‘n kuier tuis saam met mense wat ek ken (of wil leer ken). Wanneer die ys eers gebreek is, gesels ek graag oor sinvolle leersame onderwerpe en nie ligsinnige vlak praatjies nie. Rook nie en drink uiters selde.

Ek is baie realisties, ‘n aktiewe werklikheidsgedrewe denker. Alles moet krities beskou word, sodat net die beste idees en standpunte gesif kan word en behoue bly. Glo aan geen kabouters, feëtjies, spoke, demone, geeste, gode asook die tokkelos nie.

Was nog nooit seksueel losbandig nie, maar is ook oortuig dat ‘n mens nie ‘n klip hoef te wees nie, ek is nie een nie. Opsoek na aanraking, drukkies, vry, intimiteit, stoutwees en meer. Alles op sy tyd, net soos wat wedersyde gemaklikheid met mekaar bestaan. Ek het ‘n sapioseksuele neiging deurdat ek aangetrokke voel tot ‘n verstandige denkende/intellektuele meisie.

Beskrywing van my pasmaat:

My ideale pasmaat moet ‘n wag voor haar mond hê en dink voor sy praat. ‘n Kras/vloek woord hier en daar is aanvaarbaar om ‘n boodskap oor te dra, maar sy moenie ‘n permanente vuilmond wees nie.

Sy moet ook verantwoordelik wees en dink aan die gevolge van haar dade. Saggeaard, maar moet ook nie op haar laat trap nie, weet wanneer om vas te staan en wanneer om toe te gee.

Sy moet spaarsamig met geld te werk kan gaan en nie uitermatig materialisties wees nie. Waardering hê vir eenvoudige laekoste aktiweite soos bergklim, kamp, visvang, met vlotte op die rivier vaar ens. Uiteet, fliek en vakansies het hul plekke, maar ek sal dit nie heeltyd kan/wil doen nie.

Ek hou van ‘n meisie wat natuurlik mooi is en haar nie self met teveel grimmering ens. toerus nie. Natuurlike haarkleur, verkieslik lank. Sy moet bereid wees om vuil te kan word, dis deel van die lewe, maar verder moet sy op higiëne en netheid bedag wees.

Dit sal wonderlik wees as sy selfstandig denkend is en haar eie ingeligde menings oor sake van die dag kan vorm. Sy moet bereid wees om haar sienings te verander indien sy dit nie kan begrond nie en daar aanduiding is dat sy verkeerd is. Ek is ook bereid om dit te doen en is ek oortuig dat sulke mense meer en meer na mekaar sal groei wat oortuigings en sienings aanbetref. Daar is nie ‘n lys van oortuigingsvereistes wat ek het nie, maar ek vind dit beslis vreemd as mense beweer dat hulle verhoudings met gode en goed het en spoke kan sien. Ek sal nie daarmee kan saamleef in ‘n verhouding nie. Tensy sy my die spoke ens. kan wys.

Ek verwag nie dat sy dadelik saam met my in die bed moet spring nie, inteendeel. Dit sal wel wonderlik wees as sy hou van aanraking, drukkies, vry, intimiteit en romanse. Elke ding op sy tyd.

Ek diskwalifiseer nie ‘n meisie wat gerook het of bereid is om op te hou nie. Sal vriende kan wees met een wat rook as sy begrip sal hê dat ek nie van rook in die huis hou nie. Sal egter nie in ‘n verhouding met ‘n roker kan wees nie.

177 cm (5' 10'')
65 kg (144 lbs)
Nudge me to update this information by sending a message
White / Caucasian
Single
No, but would like to have
Let's talk and I'll tell you
I want you to use your imagination
Brown
Thin
Life and work
Elektronika
I want you to use your imagination
A "night owl" - like to stay up late
  • career
  • well-being
  • inner harmony
  • long-term relationships
  • go for a walk
  • be on my own
  • go out-of-doors
  • surf the Internet
  • Speel klavier/klawerbord
  • Computers and Internet
  • Science
  • Psychology
  • Instrumentaal
Pernicious habits
No
Have never used
Not drink at all

People Near WernerSmook

nducomfort
Age: 36 y.o. 
150 cm (4' 11'')
42 kg (93 lbs)
   
uyi01
Age: 34 y.o. 
160 cm (5' 3'')
86 kg (191 lbs)
   
92somekile4
Age: 37 y.o. 
149 cm (4' 11'')
92 kg (204 lbs)
   
DATguy34
Age: 39 y.o. 
185 cm (6' 1'')
79 kg (176 lbs)
   
Thmol11021
Age: 37 y.o. 
152 cm (5' 0'')
43 kg (96 lbs)
   
claddds
Age: 38 y.o. 
177 cm (5' 10'')
80 kg (178 lbs)
   
tyresejigga
Age: 38 y.o. 
170 cm (5' 7'')
70 kg (156 lbs)
   
420gentel
Age: 33 y.o. 
77 kg (171 lbs)
   
nducomfort
Age: 36 y.o.
150 cm (4' 11'')
42 kg (93 lbs)
   
uyi01
Age: 34 y.o.
160 cm (5' 3'')
86 kg (191 lbs)
   
92somekile4
Age: 37 y.o.
149 cm (4' 11'')
92 kg (204 lbs)
   
DATguy34
Age: 39 y.o.
185 cm (6' 1'')
79 kg (176 lbs)
   
Thmol11021
Age: 37 y.o.
152 cm (5' 0'')
43 kg (96 lbs)
   
claddds
Age: 38 y.o.
177 cm (5' 10'')
80 kg (178 lbs)
   
tyresejigga
Age: 38 y.o.
170 cm (5' 7'')
70 kg (156 lbs)
   
420gentel
Age: 33 y.o.
77 kg (171 lbs)